Kaap steel glo meer as R25m. van organisasie

Die Burger – Jana Breytenbach

‘n Viroloog van Kaapstad wat in Zimbabwe gebore is, het na bewering meer as R25 miljoen gesteel wat bestem was vir gesondheidsprojekte en die bekamping van die verspreiding van ernstige siektes in Suid Afrika.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê dr. Alfred Bere (36) is in August in hegtenis geneem.

Bere het Woensdag in die streekhof in Kaapstad verskyn op verskeie aanklagte van bedrog.

Bere was hoof van die Suid-Afrikaanse tak van die Center for Disease Condtrol (CDC), ‘n Amerkaanse organisasie belas met die ondersoek van tendense in gemeenskapsgesondheid. Die CDC publiseer belangrike bevindings en statistieke oor gesondheid, maar kan ook spanne mobiliseer om epidemies met min tyd te ondersoek en om onder beheer te probeer bring.

Bere was in beheer van die finansiële skenkings van die organisasie en het dit na bewering tot sy eie voordeel aangewend.

Die VSA het die geld geskenk en dit moes tussen nieregeringsorganisasies in Suid-Afrika versprei word om die verspreiding van siektes te bekamp deur die aanbieding van goeie gesondheidsdienste.

Daar word verder beweer van die geld is aan sommige organisasies betaal, maar Bere het hulle dan gedwing om ‘n ander organisasie as ‘n plaasvervanger aan te wys. Die geld is dan in die plaasvervanger se bankrekening inbetaal, wat dan glo deur Bere self gebruik is.

Die Valke het ondersoek ingestel en in Oktober 2017 en Augustus vanjaar is twee lasbriewe bekom om sy bankrekeninge te ondersoek.

Bere is op 24 Augustus by die Beitbrug-grenspos na Zimbabwe in hegtenis geneem nadat die Valke ‘n lasbrief bekom het.

Nkwalase sê Bere is Woensdag op borgtog van R100 000 vrygelaat met baie streng voorwaardes. Die saak is tot 13 Desember uitgestel.

Daar kan moontlik nog inhegtenisnemings in die saak gedoen word.

To Top