Polisie kry in klein kar baie perlemoen

Die Burger, Jana Breytenbach

‘n Vermeende perlemoensmokkelaar is gister met R250 000 se perlemoen betrap.

Lt.kol. Andre Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ‘n verdagte Hyundai i20 is in Milnerton in die Wes-Kaap opgemerk. Lede van die blitspatrollie het die voertuig in Koebergweg voorgekeer en vasgestel dit is as gesteel in Mfuleni aangemeld.

Daar was 4 297 perlemoene in die voertuig waarop beslag gelê is, sê Traut. Die geskatte straatwaarde van die perlemoen is R250 000.

Die bestuurder van die voertuig, ‘n Chinese man in sy 20’s, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklagte wat met perlemoenoortredings verband hou.

To Top