Selfone klik oor wie almal gebel het na Taliep-moord

Die Burger

Verslaggewer: Carryn-Ann Nel

KAAPSTAD – Selfoonstate het gister hier in die hooggeregshof bewys dat die sleutelgetuie in die Taliep Petersen-saak wel kontak met een van die vermeende moordenaars gehad vier dae na Taliep se dood. Mnr. Fahiem Hendricks, die staatsgetuie wat na bewering deur mev. Najwa Petersen gehuur is om die moord te reEl, het vroeEr getuig hy het mnr. Waheed Hassen nog net twee keer ontmoet en dat hy nie weer daarna met hom in aanraking was nie. Die hof het gister egter gehoor ‘n oproep is van Hendricks se selfoon na Hassen se selfoon gemaak vier dae na die moord op Taliep. Me. Petro Heynecke, forensiese skakelbestuurder van Vodacom, het gister tegniese getuienis gelewer oor selfoontoring-rekords en hoe die inligting kan bepaal waar individue hulle bevind wanneer oproepe gemaak en ontvang word. Die staat beweer Hendricks het op sy beurt vir mnr. Abdoer Emjedi gevra om die moord te reEl. Emjedi het nierna vir Hassen en mrn. Jefferson Snyders genader. Luidens die selfoonstate was Emjedi en Hendricks op 16 Desember 2006 – die dag van die moord op Taliep – tien keer in telefoonverbinding met mekaar. Emjedi het op die dag ook vyf oproepe na Hassen se selfoon gemaak. Hendricks het Hassen sewe keer gebel. Hendricks het vroeEr getuig dat Emjedi sy (Hendricks se) foon gebruik het om oproepe te maak. Adv. Laureen Abrahams, vir Emjedi, het Heynecke uitgevra oor selfoonstate na Taliep se moord. Heynecke het getuig dat daar op 20 Desember ‘n oproep van Hendricks (wat volgens die state op daardie stadium in die Mandalay-omgewing was) se foon na Hassen se foon gemaak is. State wys dat Emjedi op daardie tydstip in die omgewing van Barrackstraat in Kaapstad was. Intussen het die hof gister vir ‘n paar uur verdaag toe Emjedi aangedring het om ‘n dokter te spreek. Abrahams het aan regter Siraj Desai gese^ Emjedi braak en voel nie lekker nie. Die hof het vir sowat drie uur verdaag sodat Emjedi na die Somerset-hospitaal geneem kon word. ‘n Dokter daar het bevind Emjedi ly aan stres, maar kan steeds met die verhoor voortgaan. Abrahams het later op ‘n vraag van Desai gese^ Emjedi kan nie sy kop regop hou nie en het koors.

To Top