Taliep-moord ‘n ‘guns’

Die Burger

Verslaggewer: Carryn-Ann Nel

FOTO’S HET HOM SIEK GEMAAK, SE^ ‘VOORBOK’

KAAPSTAD – Foto’s van wat met Taliep Petersen gebeur het, het die staat se sleutelgetuie laat besluit om met “die waarheid” uit te kom. Mnr. Fahiem Hendricks, die man wat aanvoer mev. Najwa Petersen het hom gevra om die moord op haar man te reEl, het gister gese^ die polisie het hom foto’s (van die toneel) gewys. “Dit het my siek gemaak tot in my maag.” Hy het egter tot die plan ingestem omdat mev. Petersen hom by twee vorige geleenthede geld geleen het. Hendricks beweer sy het hom R20000 geleen en meer onlangs voor die moord nog R10000. “Ek het gevoel miskien skuld ek haar ‘n favour.” Petersen se regsverteenwoordiger, adv. Klaus von Lieres und Wilkau SC, wou by hom weet: “‘n Guns wat moord werd is? Jy wil seker nie he^ die hof moet jou ernstig opneem nie.” Regter Siraj Desai het hierop geantwoord dat die hof hieroor sal beslis. Von Lieres und Wilkau het aangevoer Petersen het by drie geleenthede geld aan Hendricks voorgeskiet en nie twee nie. “Beskuldigde een (Petersen) sal getuig dat sy u twee maal R20000 geleen het en ‘n derde keer R10000. “Sy sal ook vir die hof vertel u was agter met terugbetalings van lenings en dit is hoekom sy u aanhoudend gebel het.” Petersen en haar medebeskuldigdes ontken skuld aan die moord op Taliep. Von Lieres und Wilkau het dit verder aan Hendricks gestel dat dit “hoogs onwaarskynlik” sou wees dat hy op so ‘n lukrake wyse by ‘n moord betrokke sou raak sonder om vooraf reg ingelig te wees oor die betaling wat hy sou kry. Hendricks het vroeEr getuig dat hy nie presies geweet het wat “in dit” vir hom was nie, omdat Petersen gese^ het sy sal “na hom kyk sodra alles klaar is. “Najwa kon nie ‘n dirty op my trek na alles nie. Ek het te veel geweet… en kon haar blackmail,” het Hendricks daarop geantwoord. Volgens Von Lieres und Wilkau ontken Petersen alle bewerings dat sy Hendricks gevra het om haar man te vermoor. Planne om Taliep by die lughawe en die Luxurama-teater te skaak, is ‘n “vlug van u verbeelding”. “U is eintlik die persoon wat besluit het om die huis te beroof en toe iets verkeerd gegaan het, blameer u nou vir beskuldigde een (Petersen) om u eie bas te red. U het nie kans gesien vir die gevolge van die misdaad nie, terwyl u eintlik beskuldigde een moes gewees het.” Hendricks het gese^ daar is “geen waarheid” in enige van die stellings nie. Die polisie se beskermingsprogram waarin hy tans is, is erger as gevangenisstraf, het Hendricks bygevoeg. Hy het voorheen ‘n boodskap gekry dat sy lewe in gevaar is. Intussen het ‘n familielid van Petersen gister aangebied om ‘n foto van Hendricks aan Die Burger te stuur. Die foto is vermoedelik ‘n paar jaar gelede geneem. Die hof het vroeEr beslis dat geen foto’s van hom geneem of gepubliseer mag word nie. Hendricks getuig onder streng bewaking. Die verhoor duur voort.

To Top