Lugwaardin gevonnis oor diamantring

Die Burger

Verslaggewer: Carryn-Ann Nel en Illana Frantz

KAAPSTAD – Niks is verniet nie. Dit was die woorde van ‘n landdros gister aan ‘n voormalige SAL-lugwaardin wat gevonnis is nadat sy sowat drie jaar gelede ‘n passasier se diamantring gesteel het. Linda Charity Danie (30) het gister strak en skynbaar emosieloos voor haar gekyk toe sy ‘n boete van R1500 opgelê is. Landdros David Tonisi, van die Bellville-landdroshof, het Danie ook gevonnis tot tien maande tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is. In die tyd mag sy haar nie aan diefstal skuldig maak nie. Danie is vroeër onskuldig bevind op twee ander klagte van diefstal wat verband hou met die buitelandse valuta wat sy sou gesteel het van dieselfde passasier wie se ring weggeraak het. Sy is in Mei 2005 aangekeer nadat die passasier se ring van R10000 en buitelandse valuta van R20000 in haar besit gevind is.

To Top