Selferkende pedofiel se slagoffers praat

Die Burger – by Jana Breytenbach

Iain Wares (86), selferkende pedofiel wat ‘n strafsaak teen hom in Suid-Afrika betwis, is onlangs in ‘n verslag in Skotland as “‘n gereelde mishandelaar van kinders” beskryf.

Dit is die 16de verslag wat deur die Skotse Kommissie van Ondersoek na Kindermishandeling uitgereik is nadat dit in 2015 deur die regering in Skotland van stapel gestuur is.

Lady Anne Smith, afgetrede regter en voorsitter vandie kommissie, het einde Januarie in die verslag haar bevindinge bekend gemaak oor ondersoeke by die Edinburgh Academy en Fettes College waar Wares gewerk het. Vier slagoffers, wat klagte teen Wares ingedien het, het in hierdie openbare sittings getuig.

Hulle het Dinsdag op ‘n media-konferensie met Die Burger oor die mishandeling en die invloed daarvan op hule lewe gepraat.

Women and Men Against Child Abuse in SA het die konferensie georganiseer en die fokus was op watter impak die Skotse verslag op die Suid-Afrikaanse strafsaak kan hê.

Ian Levitt, die prokureur wat die klaer in die strafsaak in Suid-Afrika verteenwoordig, was ook teenwoordig en het oor die regsaspekte gepraat.

Die slagoffers ly almal aan posttraumatiese stres en sukkel om dit wat aan hulle gedoen is, te verwerk. Nie net is hulle seksueel mishandel nie, maar ook fisiek. Hulle is met latte geslaan.

“Ek was net 11 jaar oud en ek moes ssamleef met wat hy gedoen het. Ek sien steeds my een vriend wat so erg aangerand is dat die hare uit sy kop getrek is toe dit teen ‘n tafel geslaan is,” sê Jed Gordon.

Neil Douglas vertel van pogings om sy eie lewe te neem, sy sukkelende loopbaan en hoe hard dit hom tref elke keer as hy aan die mishandeling dink.

“Dit is ‘n lewenslange marteling. Hy is ‘n pedofiel en hoort nie in die samelewing nie,” sê Douglas.

Nicholas Oddy beskryf Wares as ‘n sadis.

“Nie net is hy ‘n pedofiel nie, hy het genot daaruit geput om seuns van tussen 9 en 12 jaar oud hard te slaan.”

Die drie en Edward Jones het aan die sittings deelgeneem en beweer 72 slagoffers het klagte teen Wares ingedien, hoewel hulle seker is daar is baie meer slagoffers wat nog te bang is om na vore te kom.

Die vier slagoffers soek geregtigheid, maar is van mening mense sien Wares nou as ‘n brose 86-jarige man wat nie tronk toe moet gaan nie.

“Dit is belaglik. Hy was nie 86 toe hy ons mishandel het nie, hy was jong en ons was kinders – mense moet dit onthou.”

Wares bevind hom in ‘n komplekse regssituasie met hangende strafsake in Suit Afrika en Skotland. Hy word van onsedelike aanranding beskuldig weens ‘n voorval in 1988 by die Rondebosch Boys’ Preparatory School. Slotbetoë in die saak word op 19 February gelewer, terwyl sy uitleweringsaansoek tot April uitgestel is.

Brittanje het reeds uitleweringsaansoeke aan Suid Afrika gerig weens die hangende strafsake teen Wares in Skotland.

Volgens Levitt moet die Suit Afrikaanse strafsaak eers afgehandel word voordat enige uitlewering kan plaasvind. Wares het onsuksesvol probeer om die 2024 uitleweringsbevinding in die konstitusionele hof te betwis.

Tydens die hofsaak het Wares erken hy is ‘n pedofiel en dit is deur die hooggeregshof in Kaapstad in sy uitspraak aangetken. Na hierdie erkenning is meer as 80 nuwe klagte van die Skotse regering aa nhom bedien met bykomende uitleweringsaansoeke. Levitt dink dat, gegewe Wares se ouderdom en die meer omvattende aard van die Skotse klagte, daar moontlik ‘n ooreenkoms tussen Suid Afrika en Skotland bereik kan word sodat hy voor die Skotse hof kan verskyn.

Wares was 27 toe hy in 1967 van Kaapstad na Edinburg verhuis het nadat hy by die St George’s Grammar School bedank het weens wat hy die “rondspeel met seuntjies” genoem het.

‘n Suid Afrikaanse konsultant het hom na prof. Henry Walton, ‘n psigiater by die Royal Edinburgh Hospital, vir behandelling verwys weens wat in sy mediese rekords as “homoseksualiteit en ‘n persoonlikheidsteuring” beskryf word. Desondanks is Wares tussen 1968 en 1979 as onderwyser in Edinburg aangestel, eers by die Edinburgh Acadmy en later by Fettes College.

Hy is “nooit genees nie en het ‘n gereelde mishandelaar van kinders gebly wat op hulle jag gemaak het”. Wares het ‘n onbeheerste voorliefde vir die seksuele aanraking van jong seuns en kinders en het hulle aan brutale aanvalle onderwerp wanneer hy sy humeur verloor het.

Walton het daarin misluk om die toepaslike stappe te doen en Smith het bevind dat baie kinders benadeel is en steeds weens die gevolge van die mishandeling ly.

Wares is deur sy prokureur, Ben Mathewson, vir kommentaar oor die verslag genader. Teen druktyd is geen terugvoering ontvang nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

To Top