Bankman Cupido se voorverhoor in camera gehou oor ‘onthulling’

Die Burger, verslag Maygene de Wee

‘n Voorverhoor van Raed Cupido (41), oudbankier van Kaapstad wat daarvan aangekla word dat hy met miljoene rande se kokaien, onwettige en verbode vuurwapens en ammunisie gesmokkel het, is gister in die streekhof in Kaapstad in camera uitgestel.

Adv. PJ Damon, staatsaanklaer, het voordat lede van die publiek gevra is om die hofsaal te verlaat, gesê daar is inligting rakende die dood van Cupido se voormalige medebeskuldigde, Christopher Carelse, wat met die hof gedeel moet word en dit moet om veiligheidsredes in camera geskied. Slegs Cupido se vrou is toegelaat om te bly.

Carelse is op Woensdag 17 Junie omstreeks 16:00 in ‘n koeëlreën in eerste Straat, Kensington, dood.

Hy het op 28 Mei ‘n staatsgetuie geword natdat die saak teen hom teruggetrek is.

Niemand is nog in verband met die moord op Carelse in hegtenis geneem nie.

Hy het aanvanklik saam met Cupido tereggestaan op aanklagte van handel in dwelsm, die onwettige besit van vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie en die besit van verbode vuurwapens.

Cupido is op 10 Junie verlede jaar by die Stor-Age stoorplek in Roelandstraat, Kaaptsad, glo met meer as 15kg kokaien, ‘n Uzi-submasjiengeweer, ‘n AK-47 aanvalsgeweer, nog vyf vuurwapens en ammunisie betrap.

Daar is op 20 Junie eksklusief berig dat daar 12 leë patroondoppies op die toneel opgetel is waar Carelse geskiet is.

Daar is toe deur bronne gesê agt koeëls het Carelse in die bolyf getref en nog koeëls sy bene.

Hy is klaarblyklik met ‘n 9mm-pistool geskiet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

To Top