BLOUES KRY TALLE SAKKE PERLEMOEN

DIE SON, DEUR IAN BAARD HTTP://WWW.SON.CO.ZA/

LADISMITH – Wakker inwoners het cops by ‘n padblokkade in staat gestel om perlie merts se turf te laat sit. Perlemoen van R331000 in 34 sakke is gekonfiskeer. ‘n Bron vertel: “Die cops was besig met ‘n roadblock op die R62. Toe kom daar ‘n rooi Citi Golf. Die polisie was besig om dit te deursoek. Die cops het inligting gekry dat ‘n wit bakkie omgedraai het, wat saam met die Golf by die garage verby is.” Die cops het dadelik die gebied begin fynkam in die rigting van Van Wyksdorp en Kaapstad. Op die R62 is die wit bakkie gesien en afgetrek en die perlemoen is in sakke aangetref. Kapt. Bernadine Steyn, ‘n poliewoordvoerder, sê: ‘n Padblokkade is in Suit-Straat gehou. “‘n Rooi Golf is afgetrek en lede het inligting ontvang dat ‘n wit Tata-bakkie wat saam met die Golf gery het, omgedraai het. Lede het die bakkie agternagesit en op die pad na Van Wyksdorp afgetrek.” Drie verdagtes – Eugene Jacobs (26), Shaun Eksteen (31) en Jacobus McClaren (57) – het reeds in die hof verskyn. Die saak is vir ‘n borgtogaansoek uitgestel tot Maandag.

To Top