‘n Buitelander is gister in die vroeë oggendure in Parklands in hegtenis geneem nadat buitelandse en Suid-Afrikaanse kontant van meer as R1miljoen in sy besit gevind is.
Polisielede wat inligting oor dwelmhandel ontvang het, het by ‘n huis in Holly-singel in Table View toegeslaan, lui ‘n verklaring.
Tydens die soektog is kontant van meer as R1miljoen gevind, sowel as ‘n sak met bankkaarte wat aan verskeie mense behoort.
Volgense kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, kon die 38-jarige inwonder van die huis nie ‘n geldige rede verskaf vir die besit van die items nie.
Die man is in hegtenis geneem in verband met die beweerde besit van gesteelde eiendom en sameswering om kubermisdaad te pleeg.
Hy sal na verwagting môre in die landdroshof in Kaapstad verskyn.
Speurders van die provinsiale eenheid teen georganiseerde misdaad ondersoek die saak. Nog aanklagte kan later bygevoeg word.