Dwelmklag: R30000 borgtog

DIE BURGER

deur Alethea Nieuwenhuizen

BORGTOG van R30000 is aan ‘n Nigeriër van Boksburg toegestaan wat aangekla word van handel in R3miljoen kokaien wat in motoronderdele gevind is. Mnr. Sunday Thembi staan in die Bellville landdroshof tereg op aanklag van handeldryf in afhanklikheidsvormende stowwe. Die aantyging that Themdi glo ‘n polisiebeamte probeer omkoop het met R5000 om t e verhoed dat hy in hegtenis geneem word, word nog ondersoek. Landdros David Tunisi het in sy uitspraak gesê dit is in belang van geregtigheid dat Themdi op borgtog vrygelaat word. Die hoë bedrag is vasgestel weens die erns van die klag en die langtermyn-tronkstraf wat opgelê kan word indien hy skuldig bevind word. ‘n Borgtogvoorwaarde is dat Themdi drie keer per week by die Boksburg-polisie aanmeld. Die saak is tot 4 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Mnr. Z. Galushe kla aan en mnr. Ben Mathewson verdedig.

To Top