Genadedood-prof onder huisarres

Die Son

Artikel deur Astrid Februarie

Die vegter vir genadedood, prof. Sean Davison, is gevonnis tot agt jaar onder huisarres, waarvan vyf jaar opgeskort is.

Davison het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.

Hy het skuldig gepleit op die moorde op Anrich Burger, Justin Varian en Richard Holland.

Davison het aan Burger en Holland ‘n dodelike dosis van ‘n sekere kalmeermiddel gegee wat hulle dood veroorsaak het.

In die geval van Varian het hy ‘n sak oor sy kop gesit en ‘n helium toegedien met die doel om versmoring en sodoende dus sy dood te veroorsaak.

Vir sy dade sal Davison vir die volle drie jaar van sy korrektiewe toesig onder huisares wees, behalwe wanneer hy werk toe moet gaan, vir godsdiensaktiwiteite en as hy ‘n dokter moet besoek.

Luidens die pleitooreenkoms mag Davison nie die landdrosdistrik van sy huis of werk verlaat sonder die toestemming van sy korrektiewe toesighouer nie.

Hy moet ook vrywillige gemeenskapdiens doen wat deur die beampte bepaal word en die diens sal nie minder as 16 uur per maand wees nie.

Vir die volle duur van sy vonnis mag hy geen alkohol of dwelms gebruik nie, behalwe wat deur ‘n mediese dokter voorgeskryf is.

To Top