Najwa vroeg verdink

Die Burger

Verslaggewer: Carryn-Ann Nel

TALIEP HET IN PLAS BLOED GELe^

KAAPSTAD – Die eerste ondersoek-beampte wat die moord op Taliep Petersen ondersoek het, het reeds die oggend na die moord sy vermoedens gehad oor die betrokkenheid van mev. Najwa Petersen. Insp. Brian Hermanus, van die Athlone-speurtak, het gister in n stampvol hofsaal voor regter Siraj Desai getuig hy het ‘n voorgevoel gehad dat iets nie pluis is nie nadat Petersen op die moordtoneel inligting aan hom verskaf het. Adv. Klaus von Lieres und Wilkau SC, vir Petersen, het dit egter aan Hermanus gestel dat Petersen hom (Hermanus) “nie ken, herken of ooit met u gepraat het nie”. Petersen het gister voor die hofverrigtinge die eerste keer seders sy in Junie verlede jaar in hegtenis geneem is, teruggekeer na haar huis in Grasmere straat, Athlone, vir die hof se ondersoek ter plaatse van die moordtoneel. Nuuskieriges het om die huis saamgedrom. Talle polisiebeamptes was teenwoordig. Petersen en haar dogter, Zaynob, het mekaar omhels. Petersen ontken saam met die ander beskuldigdes skuld op aanklag van die moord op haar man. Volgens Hermanus het Taliep se lyk met sy aankoms op die toneel steeds in n plas bloed op die boonste trap gele^. Sy hande en voete was met die elektriese kabel van krultang vasgebind. Hermanus het dieselfde aand ‘n “baie bewoE Petersen wat kort-kort moes rus” ondervra. “Sy het aan my gese^ dat sy ‘n deurklokkie gehoor het en aanvar het Taliep het die deur oopgemaak. Kort daarna het ‘n man haar kamer binnegekom. Hy het haar na Taliep se kamer gevat en vir geld gevra. Petersen het glo aan Hermanus verduidelik dat ander mans elders in die huis “besig” was met haar man. Ek het haar gevra wat sy bedoel met ‘besig’, maar sy het net herhaal dat hulle ‘besig’ was en het aanhou huil.” Hermanus het ook mev. Petersen se seun, mnr. Achmat Gamieldien, ondervra. Volgens Gamieldien se getuienis aan Hermanus het hy (Gamieldien) gedink die mans sou hom leed aandoen omdat hy “gelieg het oor geld waarvoor hy nie die rowers ingelig het nie” (en waarop hulle later afgekom het). Hermanus het gese^ dit het vir hom aanvanklik soos ‘n huisroof gelyk. Maar ek het later die oggend my bedenkinge gehad oor wat gebeur het.” Dit was vir hom vreemd dat net Petersen die aand die deurklokkie gehoor het; dat sy nie seker was in watter kamer haar dogtertjie was toe die mans ingekom het nie; dat sy nie kon se^ wat die rowers aan Taliep gedoen het toe hulle “besig” was met hom nie; dat sy onseker was oor hoeveel mans daar was; en dat sy een van die mans na haar seun se kamer vergesel het. “My opinie was dat sy dit wou doen om haar seun te beskerm.”