‘Seksblog-kuberboelie- ‘n vry man na dov klag tergutrek, Kaapstad

DIE BURGER

Verslaggewer – Lara Atson

Die vermeende kuberboelie mnr. Juan-Duval Uys (39) het gister as ‘n vry man uit die Kaapstadse Landdroshof gestap toe die saak van crimen injuria teen hom teruggetrek is. Uys, wat gister van 09h00 gewag het sy saak vlugtig in hof 13 voor Landdros Phindi Norman verskyn. Dit was sy derde verskyning sedert hy op 30 Julie vanjaar op Kroonstad in hegtenis geneem is. ‘n Klag van crimen injuria is deur mnr. Simon Grindrod van die OD teen hom aanhangig gemaak. Die klag hou verband met ‘n seksblog wat deur ‘n manlike prostituut, ene Skye, bedryf is. Op die blog is bekende Suid-Afrikaanse mans se name, insluitend die van Grondrod, genoem. Met Uys se vorige verskyning verlede maand het sy prokureur, mnr. Reaz Khan, aangevoer daar is geen bewyse teen Uys in die hofdossier nie. Luidens die klagstaat voer die verdediging ook aan die klaers is politici en dat die saak op mediaberigte en bespiegeling gegrond is. Om die rede is die saak na die Wes-Kaapse direktoraat van openbare vervolging (DOV) verwys. Uys, deftig geklee in ‘n grys pak, het gister kalm in die hof voorgekom. Mnr. Titi Mthimunye, staatsaanklaer, het gesê die DOV het die klag teen die beskludgide teruggetrek. ‘n Duidelik verligte Uys het daarna die beskuldigdebank verlaat. Uys het voor die hofverrigtinge aangedui hy sal nie die klagte van intimidasie en crimen injuria wat teen Grindrod ingedien het, laat vaar nie. Uys beoog nou om ‘n eis van R12miljoen teen Grindrod in te stel. “Dan sal hy weet hoe dit voel om die heeltyd voor ‘n hof te sit en wag. Nou wil en net die saak agter die rug kry,” het Uys gesê.

To Top