Swanger vrou se lyk in vlak graf gevind

Die Burger – Artikel deur Maygene de Wee

Die kêrel van ‘n swanger vrou van die Retreat-omgewing in Kaapstad verskyn vandag in die landdroshof in Wynberg in verband met haar dood.

Shanice Rudolph (23) se lyk is gister kort na 13:00 in ‘n vlak graf by die Klipweg-begraafplaas in Grassy Park gevind.

Die swanger Rudolph is op 5 Desember by die Steenberg-polisiekantoor as vermis aangegee. Bronne sê sy was sowat vier maande swanger. Sy is glo laas tussen 4 en 5 Desember lewend gesien in die 42-jarige man se geselskap. Hulle is glo in die omgewing van Ouboetstraat in Cafda, Retreat, saam gesien.

Die polisie het by monde van kapt. Frederick van Wyk bevestig dat die polisie in Grassy Park ‘n moordsaak ondersoek nadat Rudolph se lyk in die vlak graf ontdek is.

Van Wyk sê die 42-jarige verdagte sal in die landdroshof in Wynberg verskyn. Die saak word deur die Steenberg-polisie ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

To Top