ARTICLE BY SON, VERSLAGGEWER ELDRIDGE JASON

“Die staat het nie ‘n baie sterk prima facie-saak nie en sal sukkel om ‘n klag van moord te bewys. Ek staan dus borgtog aan u toe.” Met die woorde het landdros Alfreda Lewis gister bail aan die towtruck-eienaar Chris Olieslager toegestaan. Olieslager (40) word daarvan verdink dat hy ‘n rival towtruck driver, Linley Summers (45), op 15 Junie by ‘n ongelukstoneel in Maitland doodgelem het. Summers se 15-jarige laaitie, Joshua, was ten tye van die voorval in sy pa se towtruck en het volgens die staat gesien hoe Olieslager ‘n mes in sy broeksak druk en die toneel verlaat. Joshua het sy pa vol bloed aangetref. Maar die ondersoekbeampte, AO Mark Vermeulen, het onder kruisondervraging Olieslager se lawyer behoorlik kleigetrap. Vermeulen het aan Andre Johnston erken dat Joshua nie ‘n gestryery of die eintlike stekery gesien het nie. Vermeulen het toegegee daar is geen wesenlike redes hoekom Olieslager nie bail kan kry nie. “Die hof is met my kliënt se eerste verskyning mislei deurdat daar voorgehou is dat daar hangende sake teen hom is. Die meriete van die saak is na my opninie baie weak en gebaseer op ‘n enkele getuie wat nie eens ‘n ooggetuie is nie,” het Johnston in sy slotbetoog gesê. Landdros Lewis het met Johnston saamgestem en bail van R2000 aan ‘n verligte Olieslager toegestaan. Lewis het Olieslager aangesê om nie die getuie te kontak of by sy huis te gaan besoek nie. Die saak is toe tot 30 Augustus uitgestel vir nader ondersoek. Vermeulen het aangedui hy is steeds op soek na getuies en persone wat aanvanklik by die ongeluk betrokke was. Kort nadat Olieslager sy bail betaal het, het cronies van hom Son se fotograaf gekeer om foto’s te neem. Olieslager is omring deur supporters in ‘n kar geboender wat van die hof af weggejaag het.

To Top