Twee aangekeer oor perlemoen

DIE BURGER, ARTIKEL DEUR SHANTEL MOSES

Kaapstad – Die polisie het Sondagaand op ‘n groot hoeveelheid perlemoen in ‘n huis in Grassy Park in Kaapstad beslag gelê.

“Die Kaapse spoorwegpolisie het ‘n wenk gekry dat ‘n huis in Grassy Park ingerig is om perlemoen te droog en te verpak,” het konst. Debbie Alard, polisiewoordvoerder, gesê. “Ons het dadelik die inligting opgevolg en die perseel besoek. Op die toneel het ons toerusting gevind en vasgestel dat ‘n kamer ingerig is vir die droging van die perlemoen.”

Twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 41 jaar oud, is in hegtenis geneem.

“Hulle sal in die hof verskyn sodra hulle amptelik aangekla is.”

Volgens Alard is die hoeveelheid en die waarde van die perlemoen nog nie vasgestel nie.

To Top