Oudskoolhoof later in hof

Tyger Burger

Verslaggewer: Alethea Nieuwenhuizen

Die kinderpornografie-saak teen ‘n voormalige skoolhoof en pa van drie, is in die Parow-streekhof op versoek van die staat uitgestel tot aanstaande jaar. Die man (57) van Kuilsriver, wie se naam nie genoem mag word nie, was ten tyde van die beweerde voorvalle ‘n skoolhoof in Delft. Hy staan tereg op aanklagte van onsedelikke aanranding van kinders en die besit van kinderpornografie. Die beskuldigde is geskors hangende ‘n interne ondersoek van die Wes-Kaapse onderwysdepartement. Streeklanddros C. Lehmann het die saak tot 26 Januarie uitgestel. Mnr. Ben Mathewson verdedig.

To Top