Gevaar is nie net op die donkerweb

Die Papier, artikel – Kaylie Joubert

‘n Mens hoef nie in Sandton te woon, ‘n kuberkenner te wees of toegang tot die donker web te hê om in ‘n internasionale aanlynmisdaadondersoek te beland nie.

Die inhegtenisneming van ‘n 16-jarige seun van Malmesburty het die werklikheid op Suid-Afrikaanse bodem blootgelê – ‘n tiener, ‘n rekenaar en internet toegang kan die begin wees van ‘n digitale wêreld waarvan ouers onbewus is.

Die seun is in hegtenis geneem na ‘n ondersoek waarin die polisie met Amerikaanse owerhede saamgewerk het. Hy staan tereg op 11 aanklagte wat verband hou onder meer kinderseksuele-uitbuitingmateriaal, seksuele misdrywe, dieremishandeling en dreigemente.

Die saak is tot gister uitgestel vir ‘n ondersoek deur ‘n distriksgeneesheer. Teen druktyd was die uitkoms van die ondersoek nog nie bekend nie.

Volgens lt. kol. Amanda van Wyk, ‘n nasionale polisiewoordvoerder, het intelligensie van die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) en die Amerikaanse Nasionale Sentrum vir Vermiste en UItgebuite Kinders plaaslike ondersoekers op die spoor van ‘n sogenaamde “teiken” geplaas.

Die ondersoekers het hom in ‘n kamer in Malmesbury opgespoor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

To Top