Die Burger deur, Maygene de Wee
Meer as ‘n jaar nadat ‘n egpaar van Bloubergstrand by hul huis in ‘n luukse kompleks in hegtenis geneem is, is die staat glo nog nie gereed om met die verhoor te begin nie. Die egpaar, wat in aanhouding is, het verlede week in die landdroshof in Kaapstad verskyn waar hulle voorlopig teregstaan op 25 aanklagte, onder meer die die verkragting en seksuele aanranding van hul twee minderjarige dogters, toe ag ten dire jaar oud.
Hulle staan ook tereg op aanklagte van seksuele voorbereiding, pogings om seksuele misdrywe te pleeg, die vervaardiging van kinderpornografie, die gebruik van ‘n kind vir kinderpornografie en kindermishandeling.
Die staat was veronderstel om die akte van beskuldiging by die hof in te dien. Dit blyk nog nie voltooi te wees nie. Die verdediging was volgens inligting ook nog op ‘n nuwe klagstaat wat glo die finale aanklagte moet bevat. Die saak is tot 15 Oktober uitgestel.
Die egpaar se inhegtenisneming op 10 Junie 2025 het gevolg nadat die polisie deur Amerika se federale speurdiens (FBI) ingelig is van eksplisiete foto’s en video’s wat ‘n agent van hulle Brasilië op die donker web gekry het.
Die ondersoek van die FBI het hulle na die egpaar se restaurant en kroeg gelei. Die egpaar se huis is op 10 Junie deurgesoek waartydens die polisie glo elektroniese bewyse wat hulle by die FBI gekry het, bevestig het. Die landdros het in haar uitspraak gesê die staat het ‘n sterk saak teen die beskuldigdes. Dit word gesteun deur mediese bewyse van ‘n ginekoloog, insluitend video’s en foto’s.
Die beweerde misdrywe het volgens die staat van Februarie 2020 tot April 2023, van April 2023 tot Desember 2023, en van November 2021 tot April 2025 plaasgevind. Hulle het op 12 Junie 2025 die eerste keer in die hof verskyn. Die egpaar het in 2024 op die radar van FBI verskyn nadat wetstoepassers in Brasilië beslag gelê het op elektroniese toerusting waarop daar eksplisiete video’s van volwassenes en minderjarige kinders was.
Die materiaal is aan die FBI oorhandig, wat met sy eie ondersoek begin het. Die FBI se ondersoek het die egpaar met die saak verbind op grond van foto’s van hulle wat by ‘n restaurant en kroeg in Kampsbaai geneem is, foto’s van hulle en hul kinders op sosiale media, en ook deur hul toestelle se IP-adresse.
In die ondersoek het FBI na bewering op die donker web op video’s afgekom van ‘n seksueel eksplisiete aard van die egpaar en hul twee jong dogters onder die name Kitty and Minni se speelgrond, Mamma se dagkamp en Pappa-en-dogter-dagkamp. Die video’s is volgens die staat in die egpaar se huis, veral in die hoofslaapkamer en hul oudste dogter se kamer, verfilm. Volgens die staat is 16 kameras in die huis gemonteer. Die egpaar kon volgens die staat die beeldmateriaal met ‘n app op hul selfone kontroleer. Die dag toe die polisie op hul huis toeslaan, is die binnekant van die huis verglyk met die vertrekke sigbaar in die videos’s wat op die donker web gevind is. Dit het ooreengestem, het die hof gehoor. Die egpaar het dit glo ook nie vreemd gevind om naak voor hul kinders rond te loop nie. Inteendeel, die hele gesin het glo naak in die huis rondgeloop.
