Kaapse polisieman raak glo berserk tydens rusie, skiet meisie se broer en sy vriend dood

Die Burger deur, Carl Thomas

‘n Polisielid het gister op twee aanklagte van moor en drie van poging tot moord in die hof verskyn nadat hy glo berserk geraak het tydens ‘n rusie met sy meisie, en haar broer en dié se vriend doodgeskiet het.

Die polisiebeampte se meisie en twee ander mense is ook in die voorval gewond. Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het aan Die Burger gesê   daar was glo ‘n stryery tussen die polisielid, Keegan Petersen, en sy meisie. Nadat die meisie haar broer gebel het wat toe met ‘ n vriend by die huis opgedaag het, het die polisieman na bewering die broer en vriend doodgeskiet en drie ander mense, insluitend sy meisie, gewond. 

Benewens die twee aanklagte van moor en drie van poging tot moord word Petersen aangekla van die onwettige besit van ammunisie nadat vier haelgeweerpatrone tydens die ondersoek in ‘n kluis in sy huis gevind is. Volgens Ntabazalila kan meer aangklagte volg namate die ondersoek voortduur. Die staat voer aan Petersen het sy meisie Sondag in die vroeë oggendure by haar huis gaan haal en na sy blyplek in Blue Downs geneem.

Haar broer en nog ‘n man het later daar opgedaag op soek na haar. Phaladi Shuping, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê by navraag dié direktoraat het ook met ‘n ondersoek na die voorval begin. Shuping sê die polisiebeampte het hom by ‘n polisiekantoor oorgegee. Ntabazalila sê die saak is tot 6 Oktober uitgestel vir ‘n borgtogaansoek. Die staat sal die aansoek teenstaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

To Top