Cele besoek Malmesbury na groot wapenvonds in stoor

Die Burger – Jackie Kruger

Bheki Cele, minister van polisie, het gistermiddag besoek gebring aan Malmesbury, waar ‘n arsenaal ammunisie Donderdagaand in ‘n stoor in die nywerheidsgebied gevind is.

Die polisie was gister steeds op die toneel, onder meer om die stoor te deursoek.

Cele het gistermiddag op die plaas aangekom van ‘n Duitse man wat in verband met die vonds in hegtenis geneem is. Kort voor sy aankoms het sowat 20 polisiemotors by die plaas opgedaag, insluitend die honde-eenheid, asook ‘n slotmaker.

Cele het nie gistermiddag met joernaliste op die toneel gepraat nie en was slegs ‘n kort rukkie daar voordat hy weer vertrek het.

Die Burger het vroeer berig ‘n 61-jarige man wat oorspronklik van Duitsland afkomstig is, is in hegtenis geneem en sal na verneem word Maandag in die plaaslike hlanddroshof verskyn.

Switserse skietklub in Kaapstad – Die klublede skiet met limitêre wapens. Luidens die klub se mees onlangse nuusbrief was daar probleme met die invoer van wapens, meer spesifiek die Sturmgewehr 90.

Na verneem word, woon die man blykbaar op ‘n plaas op die Tierfonteinpad.

Cele het gisteroggend tydens sy voorlegging van die kwartaallikse misdaadsyfers in die parliament gesê daar was 42 vuurwapens en twee bussies vol ammunisie. Daar was ook toerusting om self ammunisie te vervaardig en te herlaai.

Cele het gesê die verdagte was voorheen ‘n soldaat in die Duise weermag.

“Hy woon alleen, maar dit wil voorkom of hy nie alleen optree nie.”

Die man woon blykbaar al 30 jaar in Suid-Afrika en huur glo die stoor by ander mense.

Bronne het vroeër gesê die polisie is al van Donderdag 22:00 besig om die ammunisie te tel. Daar is blykbaar derduisende patrone. Hulle is ook nog besig om te kyk aan wie die vuurwapens behoort. Na verneem word, sal die polisie later ‘n verklaring uitreik.

To Top