Man smokkel diamante in sy onderklere

ARTIKEL DEUR MAYGENE DE WEE, DIE BURGER

Kaapstad – ‘n Namibiese burger wat Vrydagaand met vyf ongeslypte diamante in sy onderklere gevang is, sal vandag in die Bishop Lavis landdroshof op aanklagte van die besit van ongeslypte diamante verskyn. ‘n Provinsiale polisiewoordvoerder, lt.kol. Andre Traut, het gister gesê die polisie se grenseenheid het die 37-jarige man Vrydag omstreeks 21:15 op die Kaapstadste Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Die man was in die internasionale vertreksaal toe hy in hegtenis geneem is. Hy was glo op pad na Engeland. “Die diamante was in ‘n klein pakkie in sy onderklere versteek,” het Traut gesê. Die waarde van die diamante is nog nie vasgestel nie.

To Top