Man vervals glo om R25 miljoen te ‘leen’

Die Burger

Artikel deur Jana Breytenbach

‘n Man van die noordelike voorstede in Kaapstad het glo probeer om met vervalste dokumente ‘n huislening van R25 miljoen by ‘n bank te bekom.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê in ‘n verklaring die man is in Desember 2018 deur die handelsondersoekafdeling van die Valke in ‘n klopjag in hegtenis geneem.

[Die beskuldigde] het glo in Augustus 2018 by die Cape Gate Mall by ’n bank ’n lening van R25 miljoen probeer bekom met vervalste dokumente.

Die Valke het op ’n tweede aansoek van Burger afgekom wat hy by ’n ander bank ingedien het.

Burger het vir die eerste keer op 14 Desember in die landdroshof in Kaapstad verskyn en is op 6 Maart vanjaar op borgtog van R15 000 vrygelaat.

Nkwalase sê die saak is tot 24 Julie vir albei sake uitgestel.

To Top