Onnie van Oudtshoor in hof na sy glo byna R1m. steel

Die Burger / artikel deur Ane van Zyl

‘n Voormalige onderwyseres wat in die Oudtshoorn-omgewing gewerk het, het in die landdroshof op die dorp verskyn op aanklagte van bedrog nadat sy na bewering sowat R1miljoen gesteel het.

Tasmyn Lynn Dorothy (42) word daarvan beskuldig dat sy tussen Januarie 2010 en Mei 2013 spookleerlinge geregistreer het en sodoende die werklike getal geregistreerde studente opgeblaas het om finansiële voordele by die Wes-Kaapse onderwysdepartement te kry. Sy het na bewering R946538 in haar sak gesteek.

Volgense kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het die beweerde bedrog aan die lig gekom na ‘n onlangse oudit deur die departement.

Hy sê Dorothy het Maandag in die hof verskyn nadat sy op dieselfde dag in hegtenis geneem is. “Dorothy het as onderwyseres en bestuurder by verskillende leersentrums rondom Oudtshoorn gewerk,” sê Nkwalase.

Die saak teen Dorothy is tot 6 September uitgestel vir die streekhofdatum. Sy is op borgtog van R2500 vrygelaat.

To Top