Man wat met kokaien betrap is kry borgtog

Die Burger

‘n Man wat Vrydag buite kaapstad in hegtenis geneem is toe die polisie op R5,7miljoen se kokaien afgekom het wat in die panele van sy bakkie versteek was, is op borgtog van R25000 vrygelaat.

Xolile Skoti (39) van Kaapstad het gisteroggend in die landdroshof in die Strand verskyn en is op borgtog vrygelaat tot sy volgende hofverskyning op 31 Augustus.

Dit volg nadat lede van die Valkle en Wes-Kaapse polisie Vrydag omstreeks 18:30 die bakkie deursoek en op die versteekte dwelms afgekom het. Die kokaien is uit Gauteng na Kaapstad vervoer.

Die polisie het op die bakkie beslag gelê.

To Top