Najwa sweer op graf ‘ oor moord

DIE BURGER

Verslaggewer – Carryn-Ann Nel

KAAPSTAD – Mev. Najwa Petersen het “op haar pa se graf” aan ‘n voormalige beste vriendin gesweer dat sy niks met haar man, Taliep Petersen, se moord te doen gehad het nie. Die hof het ook gehoor me. Mymuna Bedford was die persoon wat die nommer van mnr. Fahiem Hendricks – die man wat Petersen glo gevra het om die moord te reël – aan Petersen gegee het sonder om iets “sinisters” daarvan te dink. Bedford ken ‘n broer van Hendricks en het by die broer sy nommer gekry. Sy het twee blokke van hendricks gebly toe Petersen haar die “guns” in November 2006 gevra het. Sy het gister in ‘n vol hof getuig sy en Petersen was egter na die moord in ‘n konfrontasie betrokke nadat Bedford haar uitgevra het oor bewerings dat sy en Hendricks in ‘n verhouding was. Die bewerings het sy by die polisie gehoor toe sy oor die moord ondervra is. “Ek het haar, nadat ek ondervra is, gevra: “Wie de f-k is Fahiem?” Najwa se huishulp het gesê dit was die man wat ek vroeër tydens Najwa se Eida (die periode waarin Moslemvroue oor hul mans rou en nie in die geselskap van vreemde mans gesien mag word nie) in Najwa se huis gesien het.” Bedford het gesê sy het die man toe weggejaag. “Ek het vir Najwa gevra: “Daardie stukkie gemors? Ek sou nie my lippe aan hom sit nie”. Die publiek en die regter het hard gelag. Petersen self het geglimlag. “Ek weet Najwa sou nooit ‘n verhouding aanknoop nie, veral nie met iemand soos daai nie.” Petersen het later wel aan haar verduidelik Hendricks is iemand wat haar geld skuld en wat diamante namens haar verkoop. Bedford het gesê sy het Hendricks by meer as een geleentheid weer by mev. Petersen se huis gesien. Een van Taliep se susters, mev. Maatoema Groenmeyer, het gister ook getuig oor wat mev. Petersen haar van die moordaand vertel. “Ek het aan haar (Petersen) gevra of sy enigiets met die moord te doen gehad het. Sy het net haar kop geskud en ontkennend gemompel. Dit was nie ‘n oortuigende antwoord nie,” het Groenmeyer gesê. Volgens haar het Petersen aan haar gesê Taliep en een van sy aanvallers het die aand by haar slaapkamer ingekom terwyl sy (Petersen) geslaap het. Sy (Petersen) beweer sy het ‘n sak geld uitgehaal en dit aan die aanvaller gegee. Ek het haar gevra of Taliep dan niks gesê het nie. Sy het gesê ‘nee’.” Sy het gesê Petersen het aan haar gesê die laaste keer dat sy haar man gesien het, was toe hy in die televisiekamer op sy knieë moes afggaan. Groenmeyer het gesê sy deel die mening met haar broerk, mnr. Igsaan Petersen, dat mev. Petersen se familie vir die moor “verantwoordelik” is. Adv. Klaus von Lieres und Wilkau SC, vir Petersen, het dit egter aan Groenmeyer gestel dat Taliep en die aanvaller mev. Petersen nie op die aand van die moord wakker gemaak het nie. “Sy sê Taliep was te alle tye in die TV-kamer”.

To Top