Polisie kry R3m. se perlemoen buite Bonnievale

Die Burger artikel deur Elmarine Anthony

Die polisie op Bonnievale het op ‘n vonds van sowat R3 miljoen se perlemoen beslag gelê.

Die perlemoen is op ‘n plaas buite die dorp gevind.

“Met ons aankoms op die plaas het ‘n hond positief op die teenwoordigheid van perlemoen gereageer,” sê kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder.

“In die gebou is toerusting en perlemoen aangetref wat in die proses was om uit te droog.”

Twee buitelanders (23 en 39) sowel as twee Suid-Afrikaanse mans (37 en 40) is in hegtenis geneem. Hulle verskyn vandag in die landdroshof op Robertson.

Altesaam 15 586 stukke gedroogde perlemoen is gevind.

To Top