‘Polisielede en -reserviste in hof oor ‘diefstal’

DIE BURGER

Verslaggewer: Chantelle Nicholas

KAAPSTAD – “Ses polisiereserviste van Woodstock se misdaadvoorkomingseenheid en twee polisielede van Faure se misdaadintelligensieeenheid gaan in die streekhof hier weens beweerde diefstal tereg staan. Landdros Herman van der Merwe het gister die borgtog van reservis-konstt. Deon Fortuin (39), Paul Simons (37), David Moore (47), Yagia Steenkamp (35), reservis-sers. Samuel Engelbrecht, reservis-supt. Mogamat Nazeem Toyer (41), konst. Julian Bosher (27) en konst. Nazier Ravens (27) verleng. Hulle het vlugtig in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Die staat vor aan die beskuldigdes het vroeër huise in Woodstock deurgesoek en glo op groot bedrae geld beslag gelê. Daar word vermoed die beskuldigdes het na bewering die geld onder hulle verdeel. Toerusting is ook na bewering uit sommige wonings gesteel. Me. Juanita Swart kla aan. Die saak is tot 28 Junie uitgestel wanneer die beskuldigdes in die streekhof verhoor sal word.”

To Top