Titus-saak tot 29 November uitgestel

Die Burger, Jackie Kruger

Die voorverhoor van Magdaleen (Maggie) Titus, wat saam met drie ander beskuldigdes teregstaan in verband met die moord op haar man, stafsers. Preston Titus (47), is gister uitgestel nadat twee regsverteenwoordigers hulle aan die saak onttrek het.

Preston se lyk is op 2 Desember 2017 met steekwonde op ‘n bed in sy huis in die intanterieskool in Oudtshoorn aangetref. Geen gedwonge toegang tot die huis is gevind nie.

Maggie (42), ‘n raadslid van Oudtshoorn, en haar medebeskuldigdes, Justice Mooi (30), Natasha Stuurman (38) en Masimthembe January (23), het gister vlugtig in die rondgaande hooggeregshof in George verskyn.

Hulle word aangekla van moord met voorbedagte rade en die besit van gevaarlike wapens.

Nog ‘n beskludde, Sixabiso Klip (23), Preston se voormalige motorbestuuder, is reeds op 19 Januarie in die streekhof in Oudtshoorn 15 jaar gevangenisstraf opgelê.

Hy is skuldig bevind aan die moord asook die besit van gevaarlike wapens.

Regter Mark Sher het die voorverhoor tot 29 November uitgestel.

To Top