Twee vas na daggavonds in Karoo

Die Burger

Twee mans is Saterdagaand in hegtenis geneem nadat 320kg dagga in ‘n vragmotor by Beaufort-Wes gevind is.

Kenny Africa, die provinsiale verkeershoof, het bevestig dat ‘n verkeersbeampte om 19:45 die twee mans op die N1 voorgekeer en op dagga met ‘n geraamde waarde van R640000 beslag gele^ het.

Toe lede die vragmotor deursoek, is 32 groot sakke met dagga gevind.

Africa se^ die 29-jarige en 32-jarige mans is in aanhouding in Beaufort-Wes en behoort binnekort in die hof te verskyn.

To Top