R1,1m. se tik in woonstel gevind

Die Burger – Malherbe Nienaber

Die polisie in Kaapstad het Saterdag ‘n vermeende dwelmhandelaar se woonstel in Century City deursoek en op tik van R1,1miljoen beslag gele^.

Kol. Andre Traut, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder, se^ die polisie het inligting gekry en vermoed dat die 49-jarige dwelmhandelaar die woonstel as sy “bergingsgeriewe” gebruik.

“Tydens die klopjag is daar op 3,15kg tik beslag gele^ en ‘n aansienlike bedrag kontant in verskeie geldeenhede.”

Die man is [in] hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die hof in Kaapstad verskyn.

 

To Top