Valke vang vermeende kwaksalwers

Die Burger, Malherbe Nienaber

Die Valke het ses vermeende kwaksalwers in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

Die Valke sê in ‘n verklaring hy het saam met die Raad op Gesondheidsberoepe (HPCSA) klopjagte by 15 sakepersele en private huise uitgevoer.

In die klopjagte in Bellville, die Paarl, Mbekweni, Khyaelitsha en Philippi is beslag gelê op medikasie, dokumente en elektroniese toerugsting.

Een van die “dokters” sal na verwagting vandag in die landdroshof in Philippi verskyn.

Na verwagting kan nog mense in hegtenis geneem word.

Die “dokters” is tussen 33 en 49 jaar oud en word daarvan aangekla dat hulle huleself as dokters voorgedoen en medikasie sonder die vereiste lisensies verskaf het.

Hulle word ook aangekla van bedrog, vervalsing, die uitgee van vervalste dokumente en geldwassery.

To Top