Vrou met R5,4m. se tik betrap op lughawe

https://www.acheterviagrafr24.com/viagra-definition/ DIE BURGER, ARTIKEL DEUR ELMARINE ANTHONY

Kaapstad – ‘n Vrou van Johannesburg is Woensdagaand op die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat tik ter waarde van R5,4miljoen in haar bagasie gevind is.

Luidens ‘n verklaring deur kapt. FC van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder, was die vrou (26) ‘n passasier aan boord van ‘n vlug wat omstreeks 21:40 vanaf Oos Londen geland het.

Nadat passassiers hul bagasie gekry het, het die polisie se gresneenheid mense lukraak voorgekeer en deursoek.

“Toe hulle die vrou se tas deursoek, het hulle talle pakkies wat in foelie toegedraai was daarin gevind, ‘n Verdere ondersoek het tot die ontdekking van die tik gelei, waarop hulle onmiddellik beslag gelê het. Die vrou is in hegtenis geneem,” sê Van Wyk.

Die polisie het ook klere – vermoedelik van ‘n plaaslike lugdiens – en ‘n pruik in die vrou se bagasie gevind. Volgens kol. Anton Olivier, bevelvoerder van die lughawe se polisiekantoor, behoort die klere nie aan die verdagte nie, maar ‘n ondersoek is begin om vas te stel waarop die klere in haar bagasie was. Olivier het ook die grenseenheid geprys vir sy waaksaamheid en die goeie werk wat hy verrig het.

Die vrou verskyn vandag in die prioriteitshof in Khaelitsha op ‘n aanklag van dwelmhandel.

“Die handel en verkoop van dwelms is ‘n groot bekommernis vir die polisie. Dit saai verwoesting onder die jeug en die gemeenskap oor die algemeen,” sê Van Wyk.

To Top