198 SMS’e ‘dui op sameswering’

Die Burger, deur Maygene de Wee

Die ondersoekbeampte in die verhoor van ‘n laerskoolonderwyseres van Bothasig, haar karatekenner-minnaar en die vermeende huurmoordenaar wat haar nou voormalige man moes vermoor, het gister getuig die inhoud van 198 SMS’e tussen ene “Dean” en Angelo Isaacs bewys hoe daar saamgesweer is om Freddie Pruis jr. te vermoor.

Pruis jr. se gewese vrou, Inge Pruis, haar minnaar, Dean Johnson, en Isaacs staan in die streekhof in Parow tereg op aanklagte van sameswering om moord te pleeg. Isaacs staan ook tereg op ‘n aanklag van poging tot moord.

Die verhoor het Maandag begin.

Die staan beweer dat die beskuldigdes tussen Oktober en November 2015 op verskeie plekke saamgesweer het om Pruis jr. te vermoor. Die drie het Maandag skuld ontken op die aanklagte teen hulle.

Isaacs se regsverteenwoordiger het gesê dat hy skuld beken op die aanklag van poging tot moord. Sy verweer is dat hy in selfverdediging opgetree het.

Pruis is op 7 Oktboer 2015 by Bofors-sirkel in die Epping nywerheidsgebied verskeie kere deur ‘n man met ‘n mes gesteek is…

Hy is later na die N1 Stad-hospitaal geneem.

Pruis het Isaacs, wat op 26 November 2015 by sy werk in hegtenis geneem is, as sy aanvaller uitgeken.

Lt.kol. Dean Kiewiets het gister getuig dat hy die dag wat hy vir Isaacs in hegtenis geneem het ook op Isaacs se selfoon beslag gelê het.

Op Isaacs se foon was daar ‘n telefoonnommer onder die naam “Dean se nommer” geberg.

Kiewiets het getuig dat hy die SS’e vanaf die nommer van die onbekende Dean na die selfoonnommer van Isaacs en die SMS’e van Isaacs na Dean se nommer laat aflaai het.

Van 25 September 2015 tot 23 November 2015 is daar altesaam 198…

In een van die eerste SMS’e, gedateer 3 Oktober 2015 wat van Dean se nommer na Isaacs se nommer gestuur is, skryf Dean in Engels: “broer…die ding MOET voor Dinsdag gebeur aangesien hy hulle twee vir tien dae na ‘n lodge wil wegvat, so ons MOET DIT GEDOEN KRY VOOR DINSDAG, ASSEBLIEF.”

Tussen 3 en 5 Oktober 2015 stuur Dean minstens nog 15 SMS’e aan Isaacs. In die laaste SMS van Dean op die aand van 5 Oktober 2015 aan Isaacs, eindig die boodskap met: “…alles het aan ons kant volgens plan reg verloop, maar jy was nie daar nie…kom ons sien wat gebeur môre, hoop nie nog ‘n storie nie – teleurgesteld.”

Die dag voordat Pruis aangeval is, is daar 80 SMS’e tussen Dean en Isaacs na mekaar gestuur…

Die laaste boodskap daardie aand – om 22:36 – is ook van Dean se nommer na Isaacs se nommer gestuur.

Om 07:45 op 6 Oktober stuur Isaacs vir Dean ‘n boodskap: “Goeiemôre broe. My phone was op silent. Ek is al hier by die plek. Ma’ hier is baie mense op en af. In en uit.”

Dit is dieselfde dat dat Freddie sowel as sy pa, Petrus Pruis, ook bekend as pastoor Freddie Pruis sr. van die Christ Gen Ministries in Parow, vir Isaacs in die omgewing van hul hoewe (Toscana) buite Durbanville gesien het.

Isaacs het in die tyd in ‘n boodskap aan Dean geskryf: “Laat sy die honde wegsit.”

In kringtelevisiebeeldmateriaal wat die staat in die hof vertoon het, kan daar dan gesien word hou ‘n jong vrou (Inge Pruis) uitkom en die honde kom haal. Dean skryf dan aan Isaacs. “Sy voer hulle nou.”

‘n Paar minute later kry Isaacs nog ‘n SMS: “Sy is besig om die honde uit te sorteer vir jou, gee hulle kos en probeer om hulle daai kant te hou.”

Die kringtelevisiemateriaal is deur Pruis jr. se suster, Sonja Pruis, aan die polisie gegee. Sonja woon saam met hul ouers op die hoewe. Pruis jr., Inge Pruis en hul kleuterseuntjie het ook daar gewoon.

To Top