Lawyer vra hoekom saak sloer

DIE SON, ARTIKEL DEUR BOHEMIA HOFFMEESTER

‘n Vermeende bende-dik-ding se lawyer wil steeds weet hoekom Operation Combat so lank gevat het om hom aan te kla.

Martin “Otter” Heskwa, ‘n vermeende lid van die Junior Cisko Yakkies (JCY’s), het gister weer in die Khayelitsha streekshof verskyn.

Heskwa staan saam met twee ander tereg op die tronkmoord van Kwanela Mabona, wat in 2013 in die Worcester gevangenis vermoor is.

Daar word beweer dat Heskwa die baasbrein agter die moord is.

Heskwa staan ook tereg op vier ander aanklagte onder die Prevention of Organised Crime Act (Poca) wat verband hou met bendegeweld, rampokkery en roof met verswarende omstandighede.

Heskwa se lawyer, Josua Greeff, het gister aan die hof gevra hoekom sy kliënt eers vandeesmaand aangekla is.

Hierop het staatsadv. Christiaan de Johngh geantwoord: “Die saak was al lankal vir navraag aan die direkteur van openbare vervolging (DOV) gestuur. Daar was egter geen haas nie oor mnr. Heskwa reeds in aanhouding was.”

Greef het aangevoer dat die staat nie ‘n prima facie-saak teen Heskwa het nie.

De Jongh het teruggekap: “Die getuie het getuig dat hy in die kamer – nadat die moord gepleeg is – geuiter het dat hy nou die Groot Glas (Otter) gaan bel. Hy het verwys na Heskwa. Hulle noem hom mos Untouch ook. So ek dink nie hy sal vrygespreek kan word op hierdie klagte nie.”

Greeff het weereens aan die hof gevra hoe dit moontlik kan wees dat sy kliënt by die saak betrek kan word, want hy was nie eens in aanhouding ten tyde van die moord nie.

De Jongh het aan hom uitgewys dat hy die opdrag van buite kon gegee het.

Die saak is uitgestel tot 11 Maart vir uitspraak.

To Top