DIE SON, ARTIKEL DEUR TRACY-LYNN WILLIAMS

TATTA sy kans, tatta sy miljoene…

Gister het die Woodstock Polisie saam die Wes-Kaapse Raad op Dobbelary en Wedrenne op ‘n onwettige dobbelmasjienhandelaar van die Kaapse Vlakte toegeslaan.

Die man (56), wat die Kaapse Vlakte na bewering van onwettige dobbelmasjiene voorsien, is gister in sy werkswinkel in Soutrivier op die plek gearresteer. Daar is 27 onwettige vente viagra pharmacie italie masjiene op sy perseel gevind.

Die waarde van die slot machines word op R405 000 geraam.

‘n Bron verklap die man se werkswinkel was propvol gereedskap en toerusting om gleufoutomate te herstel en weer te verkoop.

“Hy het wel sy geld met die games gemaak, maar sy regte geld het met die herstelwerk en verkoop van die dobbelmasjiene gekom.

“Elkeen van die masjiene se waarde is tussen R10 000 en R15 000.

“Die soorte masjiene of slots kan in shebeens, taverns, spaza winkels en eetplekke gevind word.

Plekke soos Mitchells Plain, Delft en die Paarl is gewoonlik die terget market.”

Die bron voeg by dat die verdagte sy dobbelmasjiene tussen die arkadespeletjies weggesteel het.

Voordat die man geboei is, was hy heel amusant – net soos sy werkwinkel se naam, UFO Amusements.

Die verdagte het kliphard en vol selfvertroue op die foon gepraat. Hy was meer bekommerd oor sy vrou en haar oproep.

“Kom bail my uit. My plek gaan binne die volgene minute leeg wees,” het hy gesê.

Toe die polisielede hom boei, het sy glimlag verdwyn.

Dit is my vriend van Namibiê s’n,” het hy uitgebars en die polisie toe ‘n les oor die masjiene se waarde probeer gee. “Daai wat julle daar wegvat, is ‘n antique. Dis in 1952 gemaak – die Sega Bell,” het hy gesê.

Sers. Hilton Malila, polisiewoordvoerder, sê hulle het die werkwinkel vir twee maande dopgehou voordat hulle tot aksie oorgegaan het.

Hy verduidelik: “Beamptes en undercover cops is na die plek gestuur om as kliënte te pose en seker te maak dit is die regte plek. Mense moet verstaan dis onwettig om in die besit van dobbelmasjiene te wees en jy nie papiere daarvoor het nie. Jy gaan opgespoor word en jy sal vervolg word.”

To Top