Man met kokaien in sjokoladehouers betrap

DIE BURGER, ARTIKEL DEUR ELMARINE ANTHONY

Kaapstad – ‘n Man (27) verskyn vandag in die landdroshof in Bellville nadat hy Maandag met kokaien ter waarde van R500000 op die Kaapstadse Internasionale Lughawe aangekeer is.

Die man was op ‘n internasionale vlug, het konst. Noloyiso Rwexana, ‘n polisiewoordvoerder, gesê.

Hy is die vierde verdagte in minder as twee weke wat met kokaien versteek in sjokolade verpakkings op die lughawe betrap is.

“Die polisiebestuur prys beamptes vir hul pogings om dwelmhandel te bekamp,” het Rwexana gesê.

Volgens kol. Anton Olivier van die lughawepolisie kom al die dwelms van sindikate, maar dit is nog onseker hoeveel sindikate betrokke is.

Nog twee mense is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle glo met 17kg tik met ‘n geskatte straatwaarde van R4,5 miljoen in Parklands betrap is.

Die man (37) en vrou (35) verskyn vandag in die landdroshof in Kaapstad.

Ander voorvalle:

– Die Burger het verlede week berig dat ‘n acheter du viagra sans risque vrou (40) op 4 Mei met 3kg kokaien ter waarde van R1,2 miljoen betrap is. Sy het op ‘n vlug uit die Midde-Ooste gearriveer.

– Op 3 Mei is ‘n verdagte met 2,9kg kokaien ter waarde van R1,1 miljoen in hegtenis geneem.

– Op 2 Mei het doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens twee verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle glo 3,8kg kokaien ter waarde van R1,5 miljoen in hul besit gehad het.

To Top