Oud-skoolhoof in hof oor kinderporno

Die Burger

Verslaggewer: Alethea Nieuwenhuizen

PAROW – Die kinderpornografie-saak teen ‘n voormalige skoolhoof en pa van drie is in die plaaslikke streekhof uitgestel sodat ‘n konsultasie met ‘n klaer voltooi kan word. Die man (57) van Kuilsrivier, wie se naam nie genoem kan word nie omdat hy nog nie gepleit het nie, was tydens van die beweerde voorvalle ‘n skoolhoof van Delft. Hy staan tereg op aanklagte van die onsedelikke aanranding van kinders en die besit van kinderpornografie. Hy is verlede jaar in hegtenis geneem nadat verskeie voorvalle van onsedelikke aanranding by die Delft-polisiekantoor aangemeld is. Streeklanddros Caron Lehmann het die saak tot 8 Maart uitgestel. Mnr. Gary Titus kla aan en mnr. Reaz Khan verdedig.

To Top