Saak teen lugwaardin word weer uitgestel

DIE BURGER

Verslaggeefster – Alethea Nieuwenhuizen

BELLVILLE – Die staat het sy saak gesluit teen die SAL-lugwaardin wat daarvan beskludig word dat sy passasiers op ‘n vlug van Londen in Mei 2005 besteel het. Mnr. Rafiek Romaney, bestuurder van kajuitdienste vy die SAL, het verlede week hier ni die landdroshof getuig dat hy die dag van die beweerde voorval ingelig is dat twee passasiers onderskeidelik $2000 (sowat R14000) en ‘n goue ring met vyf diamante van R10000 vermis. Hy was by toe me. Linda Danie (26) van Guguletu ondersoek en groot bedrae geld, in verskeie soorte valuta, by haar gevind is, asook CD’s, DVD’s, reisigerstjeks en ‘n goue diamantring. Volgens Romaney het Danie gesê die geld behoort aan haar en ‘n vriendin, ene Pumla, wat dit in Londen vir haar gegee het. Landdros David Tonisi het die saak tot 27 Junie uitgestel.

To Top