Seepuntse tik-brouers voor hof

DIE BURGER

Verslaggewer: Carryn-Ann Nel

KAAPSTAD – Twee lewensmaats van Noordhoek se dwelmsaak gaan vroeg volgende jaar in die landdroshof hier aangehoor word. Mnre. Jacobus Johannes Venter (42) en Jacques van Rensburg (36) is in Junie verlede jaar in hul woonstel in Seepunt met miljoene rande se selfvervaardigde dwelms betrap. Albei is vroeër op borgtog van R75000 elk vrygelaat. Die staat beweer die mans het metkatinoon, wat in tik voorkom, vervaardig. Landdros Mogamad Esau het die saak tot 15 Februarie uitgestel vir pleit en verhoor.

To Top