Twee mans met perlemoen betrap

Die Burger, deur Shantel Moses

Twee vermeende perlemoenhandelaars is Dinsdagaand op heterdaad in besit van perlemoen ter waarde van R10 miljoen betrap.

Die polisie het gereageer op inligting dat daar perlemoen by ‘n huis in Blackheath gestoor word.

Sers. Noloyiso Rwexana, poligiewoordvoerder, sê die polisie het op die perlemoen beslag gelê en die mans is in hegtenis geneem. Die twee mans, onderskeidelik 24 en 31 jaar oud, sal Maandag in die landdroshof in Blue Downs verskyn.

To Top